Uniondale, Leentjiesklip en Hillbrow: Stories met wysies

Toyota Musiekfees
Afrikaans
90 Minute
13 Oktober
17:30
R190-R250 | R220-R280 by die deur

Spookstories, plaasstories, stadstories. Party stories móét net wysies kry. Inhierdie konsert, wat by die Woordfees debuteer, gee Koos van der Merwe vir Uniondale se spook die wysie wat sy moet kry. Ook ander stories kry wysies, sommige vrolik, sommige hartseer – soos die storie van Leentjie van Leentjiesklip. En natuurlik is daar ook die warm wysies van die liefde. Akoesties, poëties en Afrikaans.

Met Koos van der Merwe