RSG/ATKV-vierkant
Die RSG/ATKV-vierkant is ’n hoogtepunt by die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees. Dis ’n gesellige kuierplek by die US Museum waar stories, musiek en mense saamkom. Van 13 tot 19 Oktober is dit elke oggend (11:00 tot 11:30) storietyd vir jong lesers met Lalla Lees, terwyl Jak de Priester daagliks optree en sy geselsprogram aanbied. RSG saai regstreeks vanaf die vierkant uit met gewilde programme soos Spektrum, Kommentaar en Saterdag Sprankel. Kom luister, kuier en ontmoet bekende RSG-stemme soos Martelize Brink, Johan Rademan en Suzanne Paxton.
Program: RSG/ATKV-vierkant

