Foto’s: Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell

Kamphoer is gegrond op die ware verhaal van Susan Nell, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat is, maar wie se paaie later weer met dié van haar verkragter kruis. Sandra Prinsloo speel die uitdagende rol van Susan Nell in hierdie eenvroudrama onder regie van die veelbekroonde, internasionaal gerekende Lara […]

Foto’s: Karen Zoid 20 Jaar Pops

20 jaar, 20 songs. Karen Zoid het twee dekades in die musiekbedryf met ’n eksklusiewe vertoning by die Toyota US Woordfees gevier saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes. Foto’s: Stefan Els

Foto’s: Karoo Suite 2 – Karoonagte

Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suite het die afgelope drie jaar gehore op hulle voete gehad. Hulle keer terug met ’n aangrypende opvolg-produksie. Karoo Suite 2: Karoonagte verwys na Deon se gelyknamige boek en Coenie se bekende lied. Dis nagverhale deur Deon Meyer wat hy self op die verhoog vertel. Die musiek […]

Foto’s: Kraai

John besluit om ’n blaaskans te neem van sy kêrel en loop hom vas in die vrou van sy drome. Uit skuldgevoelens en besluiteloosheid reël hy ’n ontmoeting met al die betrokke partye om uitsluitsel te kry. Mike Bartlett se prikkelende storie werp ’n speelse dog hartroerende blik op seksualiteit en die besef dat jy […]

Foto’s: Kunstenaarsweek-werkswinkels

Die kunstenaars het van 6 tot 9 April in werkswinkels hulle Flikker & Flash-opwipvertonings voorberei onder leiding van agt vooraanstaande fasiliteerders: die teatermakers Andrew Buckland, Gcina Mhlophe, Mmatumisang Motsisi, Sylvaine Strike en Jefferson Tshabalala, die danser-choreograwe Gregory Maqoma en Alfred Hinkel, en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips. Die groepsessies is by die Hoër Meisieskool […]