Feeswenke vir gedeelde vreugde​

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is ’n inklusiewe basaarpoeding van menings, agtergronde, kulture en oortuigings. Ons skep ’n platform met die hoop en strewe om deur diverse uitdrukking en ons onderskeie ervarings eenheid én mekaar te vind en vier. In die gees van ons feestema, Deel, vra ons dat jy medefeesgangers respekteer en op ’n opbouende manier van mekaar verskil.

Skakel asseblief jou selfoon af voor alle vertonings, los die baba en die hond by die huis, loop ’n draai voor jy gaan sit en deel jou lewensverhaal of opinie liefs ná die tyd. Geen laatkommers word by opvoerings ingelaat nie. Kosstalletjies en kontantkroeë is by meeste venues beskikbaar. Ondersteun asseblief ons verskaffers – geen eie kos en drank word by venues toegelaat nie. Ruim minstens 30 minute in om verversings en drankies voor vertonings te koop. Kroeë sluit 15 minute voor ’n vertoning begin om almal betyds in die venue te kry.

Die Toyota Stellenbosch Woordfees groei organies en vir optimale benutting van ruimte lyk die feeskern in 2025 anders as die afgelope paar jaar:

  • Die EasyEquities Skrywerskamer (en -fees) word vanjaar gehuisves in Die Khaya reg langs die Kruiskerk in Ryneveldstraat.
  • Die Khaya-kafee (die parkeerterrein voor Die Khaya) huisves vanjaar die Exclusive Books Boekwinkel. Daar is ook ‘n gesellige restaurant met koffie en heerlike eetgoed.
  • Ons Diskoersprogram, wat die Netwerk24-gespreksreeks insluit, vind hoofsaaklik in die Netwerk24 Diskoerstent agter die US Museum plaas. Die Netwerk24 Feeskafee is ook vanjaar hier.
  • RSG saai uit vanaf die RSG/ATKV-vierkant agter die US Museum.
  • Science Café en Studentediskoers vind in die US Konservatorium se amfiteater plaas.
  • Afterpaartie is Maandag- tot Vrydagaand om 22:00 in Die Khaya-kafee. Maak seker dis jou laaste stop.

DROSTDY-TEATER

Kom geniet iets te drinke by die kroeg voor of ná die vertoning. Danksy ’n nuwe hysbak is dié teater nou geskik vir rolstoelgebruikers.

IDASVALLEI PRIMÊR

Die nuwe skoolsaal by Idasvallei Primêr word gebruik as toneelvenue. Toegang en oorgenoeg veilige parkering uit Rustenbergweg.

JAN MARAIS-NATUURRESERVAAT

Geniet ’n buitelugkonsert in dié Stellenbosse park met verskeie kosstalletjies (geen eie kos of drank word toegelaat nie). Onthou om warm klere saam te bring. Bring eie stoele en piekniekkomberse.

OPEN WINDOW

Die Open Window-kampus in Oude Molen huisves ook vanjaar ’n toneelvenue en is geleë in Distilleryweg.

THE DAISY JONES BAR

By dié musiekvenue op die Summerhill- wynlandgoed langs die Agter-Paarlpad ongeveer 5 km buite die dorp kan jy eet, drink én dans. Ruim genoeg tyd in om daar uit te kom of gebruik die gerieflike Toyota Pendeldiens.

SPIER

Ons gebruik die Spier-amfiteater vir opera en standup-komedie. Bring asseblief iets warms saam en laat genoeg tyd om van die parkeer- plek tot by die teater te kom. Die ouditorium is in die Spier-konferensiesen- trum. Gebruik gerus die Toyota Pendeldiens van die Kochstraat Parkeer & Pendel.

Volg die Woordfees op Facebook, Instagram, X of op ons WhatsApp-kanaal, en teken in op ons nuusbrief. Besoek ons webwerf vir inligting, toevoegings, bykomende vertonings, programveranderings en nuus. Geniet ook ons feeskoerant, INK, met resensies, profiele en kommentaar gratis gedurende die fees op ons webtuiste: www.woordfees.co.za.

Beurtkragskedules kan op baie kort kennis- gewing verander, maar die Woordfees gebruik kragopwekkers in byna alle venues en vertonings gaan voort as die krag af is. Vertonings sal dus selde weens beurtkrag gekanselleer of uitgestel word.

Die Woordfees is ’n kontantlose fees. Betaal met enige debiet- of kredietkaart óf gebruik SnapScan.

Stellenbosch is ’n ou dorp met smal strate
en min parkeerplek. Laat dus genoeg tyd toe om van die een vertoning tot by ’n volgende te kom. Parkeer gratis regoor Rhenish Girls’ High in Kochstraat (ingang uit Parkstraat) en pendel met ’n feesbussie daarvandaan. Dag- kaartjies kos R50 en ’n kaartjie wat jy vir die volle duur van die fees kan gebruik, kos R200.

Met die uitsondering van een ruimte is al die Woordfees se venues ingerig vir rolstoelge- bruikers. Slegs die Dylan Lewis-beeldetuin is ontoeganklik vir rolstoelgebruikers. Dit is wel noodsaaklik om by alle venues vooraf reëlings te tref vir hulp met toegang en veral parkering – skakel 079 256 0398.

Oktobermaand is lente – en bedags is dit warm op Stellenbosch. Bring ’n sonhoed en sonskerm saam, en drink genoeg water. Maar al is die dae warm, word dit vinnig koud sodra die son sak. Bring warm klere of ’n kombers vir buitelugvertonings.

’n Uitgebreide paneel kun- diges woon alle vertonings van die Toyota Stellenbosch Woordfees by om die beste kunstenaars en aanbie- dings in 29 subkategorieë te bepaal. Die wenners word op ’n toekenningsgeleentheid in November aangewys.

Nooddienste vanaf enige selfoon: 112

Netcare: 082 911
ER24: 084 124
Mediclinic Stellenbosch (ongevalle): 021 861 2094

Stellenbosch Provinsiale Hospitaal (ongevalle): 021 808 6100

Kampusgesondheidsdienste: 021 808 3494/6

US Kampussekuriteit (noodgevalle):
021 808 2333

Stellenbosch-munisipaliteit se Noodgevalle

24/7: 021 808 8890

Stellenbosch-brandweer: 021 808 8888

SAPD
Noodgevalle (nasionaal): 10111 Stellenbosch: 021 809 5000 / 5015 / 5012

Woordfeeskantoor (algemene navrae): 079 256 0398

Rolstoelbesprekings: 079 256 0398