Die Spier Toneel-program by die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees het uithalers, uitskieters en uitblinkers gehad. Van boeiende dramas oor familie, romanse en maatskaplike uitdagings, tot vergete geskiedenis wat stem en gehoor gekry het, die verlede wat herinterpreteer en tot vandag deurgeboor is, en spierverslappende komedie en skroeiende kommentaar. Teater is emosie, vasgevang in teks, dialoog, monoloog en beeld. Beleef of herbeleef daardie emosies op die planke van die 25ste Toyota Stellenbosch soos vasgevang deur ons feesfotograwe.





