Kom herleef die ritme van die opelugkonserte.
Die Toyota Musiekfees het weer die Jan Marais-natuurreservaat laat bewe. Die musiek het betower, die voete het beweeg en die atmosfeer was gelaai met afwagting en lewe.
Ons het die konsertreeks geopen met die legendariese Soweto String Quartet en ULTRASONIC-vertoning, gevolg deur die ster Will Linley. Die gees het opgevlam met Die Piesangskille, terwyl Roan Ash en Brandon Miles se country-klanke die plek laat gons het. Early B en Salome het koel vibes gebring, en Mandisi Dyantyis het alles op ’n jazzy hoogtepunt afgesluit.
’n Groot dank aan Spier, Bok Radio en veral Toyota vir hul ondersteuning wat dié konsertreeks onvergeetlik gemaak het. Die “Best Seats in the House”-wenners is boonop bederf met die spesiale voorreg om die kunstenaars persoonlik te ontmoet.
Die Toyota Musiekfees is aangebied in samewerking met Toyota, Bok Radio, en Spier.
Soweto String Quartet en ULTRACOUSTIC
Fotograaf: AB Jantjies
Will Linley
In samewerking met Texx and the City.
Fotograwe: Connor Leech, Ivan du Plooy, Pierre Rommelaere
Die Piesangskille
Fotograwe: Connor Leech, Pierre Rommelaere
Roan Ash & Brandon Miles
Aangebied deur Bok Radio.
Fotograwe: Connor Leech, Pierre Rommelaere
Early B & Salome
Fotograaf: Pierre Rommelaere
Mandisi Dyantyis
Fotograaf: Gys Loubser





