Die Toyota Stellenbosch Woordfees se Visuele kunsprogram is op 3 Oktober geopen.
In samewerking met Strauss & Co is die uitstallings en kunsveiling ’n ware fees vir die oog.
US Museum: Besigtig daagliks van 09:00 tot 18:00 die werk van ons feeskunstenaars Daniel Naudé.
Rondleiding: 8 OKT | 11:00
Stadsaal: Die Toyota Stellenbosch Woordfees se jaarlikse kunsveiling en -uitstalling in samewerking met Strauss & Co. Klik hier om die aanlynveiling te besigtig. Kom beleef die adrenalien, die hamer se val en die opwinding daarvan om ’n kunsveiling in lewende lywe by te woon.
10 Oktober | 11:00 | Stadsaal
Oude Leeskamer: ’n Uitstalling van Strauss & Co se kuns- en juweliersware-veiling en Anything but Static.
Kry hier onder ’n steelkykie van die opening.
Fotograaf: Nanette Evenhuis




