Ons Deel die storie van die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees in foto’s en kyk terug op ’n vreugdevolle viering wat die Eikestad omring met ’n waas van kreatiwiteit en energie. Van die visuele tot die geskrewe, en aangrypende toneel tot begeesterde klanke; ons is beïndruk en dankbaar vir die gehalte van werk wat kunstenaars vir ons gebring het, vir die positiewe reaksie van feesgangers, en geroer deur die ondersteuning van die gemeenskap van Stellenbosch.
Ons sien julle van 3 tot 11 Oktober 2026 vir nog ’n heerlike fees!
Geniet hierdie terugblik met die komplimente van ons feesdriftige fotograwe:
Adri Minnie
AB Jantjies
Annerie Wasserman
Connor Leech
Emma Wiehman
Golda Simmers
Gys Loubser
Ivan du Plooy
Jeremeo Le Cordeur
Llewellyn de Wet
Mark Cloete
Michael Odendaal
Nanette Evenhuis
Natalie Gabriels
Pierre Rommelaere
PRG-Media




