Toyota Musiekfees: The Daisy Jones Bar

DIE KAAPPUNTERS: AFRIKAANSE ROCK SE ANKER IN DIE SUIDE

Met: Riku Lätti/Wian Anders (stem, kitaar, klavier), Jackie Lätti/Bettie Blatjang (stem), Willem Möller/Karring Kaappunter (kitaar), Churchil Naudé (kletsrym), Mark Ellis/Markus Oralrus (baskitaar), Jean Marais/Vuilsak van Staden (tromme), Tonia Möller (stem,
perkussie), Jannie Hanepoot van Tonder (tromboon)

Die Kaappunters is ’n parmantige rockgroep wat gebore is uit die liefde vir die saak en vir musiek maak. Die musiekmakers is uit die geledere van Die Wasgoedlyn, Jackie en Riku Lätti en Churchil Naudé, saam met die saakmakers van die Voëlvry-dae, Tonia en Willem Möller, en Jannie Hanepoot van Tonder van die Gereformeerde Blues Band – wat Die Wasgoedlyn in die eerste plek aangesteek het.

KAAPSE DJEZ, GOEMA EN BEYOND

Met: Nicolas Miso (sang), Mark Lynch (altsaxofoon), Aubrey Matsila (tromboon), Melisizwe Plaatjie (klavier), Joshua America (kitaar), Dillon Cornelius (baskitaar), Stuart Martin (tromme), Ramon Alexander (klavier, leiding)

Die Maties-jazzvereniging het ’n program met standaardjazz, repertoire, Kaapse jazz én oorspronklike stukke gebied. Ramon Alexander, een van die hoofeksponente van die Suid-Afrikaanse subgenre Kaapse jazz, is gevestig as pianis, orkesleier en komponis. Hy het al by verskeie jazz- en musiekfeeste reg oor die wêreld opgetree. Die groep bestaan uit voormalige en huidige jazz-studente van die US se
Musiekdepartement.

NEIL SANDILANDS

Die gewilde sanger-liedjieskrywer-akteur Neil Sandilands het pas sy tweede album, Allegaarkie van ’n askeet, uitgereik. Hy het die plaat gemaak met topmusikante, waaronder Schalk Joubert en Albert Frost. Dis was Neil se eerste optrede as sanger by die Woordfees en hy kon nie wag om sy stories en liedjies van die langpad huis toe met die gehoor te deel nie. 

WORLDPLAY

Met: Xabiso Vili, Toast Coetzer, Flex of He & I, Yamoria, Jerome Rex, Jaco van der Merwe, Modise Sekgothe (digters), Louwrens Ferreira, Winterwelpie – Ronald Davey, Modise Sekgothe, Bronwen Clacherty (musikante)

Dié Worldplay-sessies is aangebied in die styl van ’n speletjiesprogram waarin digters en musikante voor ’n gehoor saamspan. ’n Paar van Suid-Afrika se uiteenlopendste digters was aan die woord om, in samewerking met innoverende musici en klankontwerpers en -tegnici, die mikrofone én die gehoor aan die brand te steek. Hierdie betowerende sessies is een van die opwindendste kunsvorme wat ’n blik gee op die Suid-Afrikaanse psige.

Facebook
Twitter
LinkedIn