Bibi & Pieter en Ronde 2

BOEKGESPREK ‘Skryf, fokkers, skryf!’ deur Nadine PetrickEasyEquities Skrywersfees: Bibi & Pieter en Ronde 2Foto’s: Verskaf Bibi Slippers daag by die venue op met haar hond. Dis nie die befaamde Matilda nie (as jy haar op Instagram volg, sal jy vir Mat ken), maar die splinternuwe baba, Christoffel. In haar hand is nog iets nuuts. Ook […]
Boekklub: ‘Mr Entertainment’ Taliep Petersen

BOEKGESPREK ‘My pa is nie net dood nie, hy’t geléwe!’ Susan BooyensBoekklub: ‘Mr Entertainment’ Taliep PetersenHofmeyrsaal Foto’s: Jeremeo Le Cordeur Taliep is dood. Lank lewe Taliep. Donderdagaand was die Hofmeyrsaal volgepak met familie, vriende, boekmense en belangstellendes vir Lapa Uitgewers se spesiale Boekklub-bekendstelling van Paula Fourie se biografie Mr Entertainment: The Story of Taliep Petersen. […]
Coloured – Dis ons kultuur
BOEKGESPREK ‘We are enough. Punt. Klaar’ deur Herschelle BenjaminEasyEquities Skrywersfees: Coloured – Dis ons kultuurFoto’s: Verskaf In 2020 het Suid-Afrika en die wêreld by ’n kruispunt gestaan. In Amerika het protesoptogte na die sterfte van George Floyd posgevat en plaaslik het die nuusberigte oor Nathaniel Julies, die kind van Eldoradopark, almal in skok gelaat oor […]
Daar’s ’n vegan op my verandah
BOEKGESPREK Twee vriende toor met plantkosresepte Susan BooyensDaar’s ’n vegan op my verandahBoektentFoto’s: Natalie Gabriels Diegene wat Dinsdag oor middagete by die vrolike ou-vriende-kuier tussen Louis Jansen van Vuuren en Isabella Niehaus oor hulle twee se spiksplinternuwe kosboek was, het ’n genoeglike uur en liplekker happies ná die tyd geniet. Carel Nolte van CN&CO was […]
Die private Franz Marx
BOEKGESPREK TV-koning wat die woord ‘sepie’ gehaat het Susan BooyensDie private Franz Marx BoektentFoto’s: Natalie Gabriels Die bekroonde akteur, skrywer-regisseur en akademikus Chris Vorster se biografie-wat-nie-’n-biografie is nie, Franz Marx: Uit die perd se bek, het in Augustus by Protea Boekhuis verskyn. Maar wie was die ietwat knorrige en uiters private Franz Marx, skepper van […]
Die tale wat ons praat
GESPREK Van Kaaps en Skiem tot Gayle en Goema Jan-Jan JoubertDie tale wat ons praatBoektent Die debat oor die plek en prominensie van Afrikaanse taalvariante, spesifiek in hul geskrewe vorm, kom van ver af, en is nog ver van afgeloop. Dr. Donovan Lawrence van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland het […]