Pieter-Dirk Uys: Weerklink van ‘n wanklank | The Echo of a Noise 

Spier Toneel
90 Minute
10 Oktober
10:00
R190-R230 | R220-R250 by die deur

Sedert dit die eeste keer in 2016 opgevoer is, het Weerklink van ’n wanklank aanhou verras. Gehore oor die wêreld heen sit vasgevang wanneer Pieter-Dirk Uys sy storie deel. Soos hy geleer het is elke optrede die eerste en laaste – want elke gehoor vereis en kry ’n ander energie, relevansie en opwinding. Op 81-jaringe ouderdom is dit nie die suksesse wat hom aanspoor nie, maar die klein wegwysers wat onderbewustelik nog altyd die regte en oorspronklike rigting aangewys het: sy pa Hannes Uys, sy ma Helga Bassel, sy oumas, sy onderwysers, sy passies – Sophia Loren, sensuur, vals ooghare en om ’n geraas te maak wanneer ander aandring op stilte.