Met Amanda Botha
Maggie Laubser ontvang in 1946 ‘n erepenning vir kuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In dieselfde maand ontmoet sy die kunshandelaar, dr. Helmut Silberberg. Met gelang van tyd hanteer hy haar sake. Uiteindelik word hy die enigste koper van byna 100 van haar skilderye – in één transaksie. Wat was die impak daarvan op die lewe en werk van die kunstenaar? Tot wie se voordeel was dit?