EASYEQUITIES SKRYWERSFEES

’n Nag van reïnkarnasie

Produksie: Poetry Crawl
Deur: Dianne Albertze
Foto’s: Dianne Albertze, Paul Kammies

EasyEquities Skrywersfees: Poetry Crawl. Met: Shane van der Hoven, Kirsten Deane, Paul Kammies, Fourie Botha en DJ Assigned MILF At Birth.

Seisoen een: ’n Lappop in die parking lot

In die Erfurthuis se parking lot het ’n spul misfits vergader met die belofte van ’n onheilige aand van verse. Die sakkende son gooi nog ’n laaste vuilgeel flits tussen die bome en karre deur. Die nag wil kom kuier.

Eenkant sit die digter Kirsten Deane (Disabled, But, uHlanga Press) op ’n babakombers omring deur verweerde lappoppe en teddiebere. Nagrok, lang kouse en los hare wat met ’n ál sterker wind begin dans. Sy haal ’n Dr. Seuss-kinderboek uit, maar lees allesbehalwe ’n kleuterstorie voor. Sy steek haar gedigte daaragter weg. Reёls wat geheime bieg. Tjankwoorde van grootword, vrouwees in die skaduwee van differently-abled stigmas, die lyflike inbrake wat al aan haar gepleeg is, soeke na sexual vryheid, die innerlike letsels van self-mutilasie asook die soektog na emosionele verlossing.

Die wind wil nie meer net dans nie, maar begin vir ons, soos Kirsten se verse, nugter klap en heen en weer van haar strofes tot die emosies wat dit in ons as kyker wek, rond te wapper.

Die digteres embrace dit egter. Die warrelwinde wat die lewe haar kant toe waai. Sy neem op random tye tussen haar voorlesing verskillende speelgoed, troosgoed van lap en wol in haar arms met ’n unnerving soundtrack; een spesifieke song verbloem as ’n kleintyd-lullaby met ’n somber ondertoon.

Sonder enige trigger warnings neem Kirsten ons na die doringtonnel van childhood trauma. En I mean, niemand is geforce om enige verduideliking van hul werk te gee nie, maar dit kan nogal onverwagte trauma juis by kykers ontketen. Gevoelens en memories waarvoor nie almal gereed is nie. In true confessional poetry style pluk sy pleisters af en staan weerloos en vol waagmoed met haar wonde in die wind.

Kirsten het ’n goeie houvas op taal en narratief, maar haar skryfstem bewe nog met ’n soms ongebalanseerde samevloei van gelaaide subteks met ’n ekonomiese gebruik van woorde tot ’n radbraak van rou gevoelens.

Tog bly die prentjie van die vrou op die babakombersie omring deur lappoppe en teddiebere in jou onthou agter. Die wounded child binne elkeen van ons is – al was dit net vir ’n tydjie – ’n stem gegee.

Party van ons veerspesies het ná die tyd gewonder of dit nie is hoe ons kontemporêre Sestigers moet lyk nie? Om nie soos ons literêre voorgangers met gestrykte pakke in die strate verse van verset te verkondig nie. Maar met stripperpale en balaklavas.

Seisoen twee: In die mond van die see

Die aand lei ons op ’n dwarrelspoor na binne-in die EasyEquities Skrywerskamer. Ons klouter die vertrek binne. Desperaat, soos krappe op pad na die see om skuiling te kry teen die nag se koue.

Die tweede digter, Fourie Botha (Donkerkamer, Queillerie 2011; Krap uit die see, Protea Boekhuis 2017; Kolam, Wordsworth Books 2025), wag ons reeds binne. Hy is omring deur lampe wat nes jellievisse lyk. Fourie maak hom gemaklik en begin te lees, onopgesmuk en sonder performance. Net die woorde en storie maak hier in die digter se onderwater-woordwêreld saak.

Sy poetry trek jou soos ’n sterk stroom in, laat jou deur die branders donner en spoeg jou dan weer op die kus van introspeksie uit. Van erotiese poёsie wat vroetel-avontureb by Sandy Bay skets, dan weer deur die voue in sy pa se hart tot by ’n maan wat bly blom.

Die gehoor van krappe het kort-kort ná elke tweede poem hanne geklap in plaas daarvan om te wag tot die einde. Nie omdat krappe nie teateretiket het nie. Maar net omdat die beelde so herkenbaar is, so naby aan die bodem van ons menslikheid geskryf is.

Voor Fourie ons uitspoel, sluit hy met die volgende woorde af:

ons sal ons broers bly haat

en ons ma’s bly liefhê

Seisoen drie: Dancing at the Red Iguana

Buite die water, in die nag se swart begin ons krapskubbe van ons af te kraak en sprei daar vlerke uit ons skouers uit. As ’n swerm van vere vlieg ons na die US Museum agter iets aan wat skitter in die donker. Eers toe ons nader kom, sien ek dis ’n stripperpaal.

Die swerm van vlerke koer al om die derde digter, Paul Kammies, met ’n balaklava van wol oor sy kop getrek. ’n Moontlike alter ego? Drag persona?

Hy sit musiek op en begin dans. Elegant, amper flamingo-agtig, en wanneer die tempo van die lied optel, vaar hy die voёls in. En die gemaskerde Paul is nie bang om teen enigiemand wat lyk of hulle wil vlerksleep, se skoot te twerk nie.

Toe die vere van kekkel en aanmoediging begin waai, het hy terug op die verhoog gespring en begin om Kaaps en Engels te vervleg nes sy bene om die paal knoop.

Paul dig met ’n selfversekerde stem oor kweerheid, manlikheid en seks. En met ’n skaamtelose flair. Nes sy bewegings is sy woorde ook sterk geartikuleerd en stylvol. Dan kan die girl ook rou wees, soos wanneer hy al hygend herhaal dat hy mans versoek om vir hom te huil, tot snakkend, dog sensueel, op die vloer aan’t verse skryf met sy lyf.

Party van ons veerspesies het ná die tyd gewonder of dit nie is hoe ons kontemporêre Sestigers moet lyk nie? Om nie soos ons literêre voorgangers met gestrykte pakke in die strate verse van verset te verkondig nie. Maar met stripperpale en balaklavas.

’n Web van enjambamente, ryk personifikasies, metafore en woorde styf in hulself toegesluit word al oor die vertrek gespin. Van een hoek tot die volgende. Soos die gedigte van boek tot bek tot ons binnestes vlieg, word die gefluister van bosluise al hoe harder. Tot die vibrasie van ’n creepy crawler.

Seisoen vier:  ’n Web van woorde en ’n hergeboorte

Toe ons weer by die skrywerskamer instap, was ons nie weer in Kafka-creatures getransformeer nie. Hierdie keer het ’n groot knopiespinnekop in ’n tweedbaadjie vir ons ingewag. Hulle lyk anners as gewone spinnekoppe. Die een het tatoeëermerke, piercings en ’n krulbos hare bo hul kop. Die spinnekop maak hul mond oop en ek wil my amper verbeel dis Shane van der Hoven (Kruiper/Crawler, uHlanga Press, 2025).

’n Web van enjambamente, ryk personifikasies, metafore en woorde styf in hulself toegesluit word al oor die vertrek gespin. Van een hoek tot die volgende. Soos die gedigte van boek tot bek tot ons binnestes vlieg, word die gefluister van bosluise al hoe harder. Tot die vibrasie van ’n creepy crawler.

Die gogga-digter vat hul tyd om ons deur die tog van hul gedigte te neem. Met ’n sassy kombinasie van deernis en waagmoed word daar oor rassisme, taal, pa’s en identiteit gedig. Toe die kruiper klaar is, was elkeen in die vertrek toegespin in die web van hul woorde. 

Die laaste seisoen: ’n Hergeboorte

Die laaste seisoen was een sonder ’n getal. Meer soos ’n epiloog. DJ Assigned MILF at Birth het ons die aand op ’n hoogtepunt laat afsluit. Met Kylie Minogue tot Janet Jackson kon ons ons lywe weer na normaal terugdans. Of tot ons soos slange ons ou vel kon afskud. Maak nie saak hoe nie, elkeen wat die kruipreis aangepak het, was weer mens gemaak. Opnuut herinner aan die stofwinde, stormwater, pale in die pad en webbe wat ons wil vasvang.

Dié woordkunsvertoning het as deel van die EasyEquities Skrywersfees op 3 Oktober om 19:00 rondom die Erfurthuis plaasgevind.

Facebook
Twitter
LinkedIn