TOYOTA STELLENBOSCH WOORDFEES
Deel 3: Drama, dans en drif
Foto’s: Nardus Engelbrecht
Dis ’n kuns om dansers en akteurs in die donker af te neem. Hoe vang ’n mens die oomblik vas? Hoe verewig jy die donker dieptes van emosie en aksie in ’n enkele raam? Nardus Engelbrecht is vir die laaste 10 jaar reeds INK se hooffeesfotograaf. Met rede. Hy verstaan instinktief wat op die verhoog gebeur en weet presies wanneer om die sluiter geluidloos te laat klik.




