Werksgeleenthede

Program-assistent

Plek: Stellenbosch, Suid-Afrika

Termyn: September – November 2026

Oor die rol

Die Woordfees is op soek na ‘n georganiseerde en proaktiewe Program-assistent om noodsaaklike administratiewe ondersteuning aan ons programspan te bied. Hierdie posisie is ideaal vir ‘n sistematiese beplanner wat eienaarskap kan neem van noodsaaklike logistieke aspekte, insluitend kunstenaar-skakeling, reis- en verblyfreëlings, en betalingsadministrasie. 

  • Administratiewe ondersteuning aan die programspan en -koördineerders. 
  • Invordering en verwerking van kontrakte en fakture, asook die laai van betalings op die stelsel. 
  • Koördinering van vlugbesprekings: Skakeling tussen kunstenaars en lugrederye. 
  • Koördinering van verblyf: Skakeling tussen kunstenaars en gastehuise, insluitend kommunikasie rakende verblyfbesonderhede aan kunstenaars. 
  • Opstel en uitstuur van kunstenaarsinligtingsbriewe. 
  • Bestuur van die akkreditasie-stelsel tydens die fees. 
  • Bestuur van die kunstenaarsverkope-stelsel tydens die fees. 
  • Ondersteuning met die rekonsilliasieproses na afloop van die fees. 

Kwalifikasies & vaardighede

  • Minimum van 3 jaar toepaslike werksondervinding in ‘n administratiewe, logistieke of projekkoördineringsrol. Ondervinding in die fees-, kuns- of eventsbedryf is ‘n sterk aanbeveling. 
  • ‘n Geldige bestuurslisensie.
  • ‘n Naskoolse kwalifikasie (diploma of graad). ‘n Kwalifikasie in administrasie, die kunste of ‘n verwante rigting sal in jou guns tel.
  • Uitstekende taal- en kommunikasievaardighede (skriftelik en mondelings) in Afrikaans en Engels.
  • Sterk rekenaarvaardighede en die vermoë om vinnig nuwe digitale stelsels te bemeester. 
  • Ervaring met Airtable is voordelig.

 

Persoonlike eienskappe:

  • ‘n Belangstelling in die kunste- en kultuursektor.
  • Sterk organisasievermoë
  • Uitstekende tydsbestuur en die vermoë om noukeurig en detail-georiënteerd te werk met veelvuldige logistieke take gelyktydig.
  • Die vermoë om effektief onder hoë druk en streng spertye te funksioneer, veral tydens die aanloop tot en gedurende die fees.
  • Gasvry, geduldig en professioneel in die hantering van kunstenaars en diensverskaffers.
  • Bereidwilligheid om langer ure te werk en naweke te werk indien nodig. 
  •  

Om aansoek te doen, stuur jou CV na aansoek@woordfees.co.za en gebruik Aansoek: Program-assistent in die onderwerp van die e-pos. 

Die sperdatum vir aansoeke is 31 Julie 2026. 

Navrae

Vir enige navrae, stuur e-pos aan: aansoek@woordfees.co.za