Met Papier Family Band
Die Papier Family Band bring geslagte van musikale storievertelling bymekaar in ’n warm, sielvolle viering van familie, erfenis en die tydlose gees van Suid-Afrikaanse musiek.
Elke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is nog lank nie reg om te gaan slaap nie. Moenie vrees nie: Die Toyota Stellenbosch Woordfees het vanjaar weer die perfekte kuierplek vir siele wat nie maklik rus vind nie. Kom kuier van Maandag tot Saterdag om 22:00 by die Afterpaartie – ’n laatnag-geleentheid waar die musiek aanhou lank nadat die formele program klaar is. Van Suid-Afrika se voorste blues-, rock- en jazzkunstenaars gaan sorg vir vonke.