Met Alan Committie, Charl-Johan Lingenfelder
An Iliadbring weer Homerus se legendariese verhaal na die hede. In hierdie verhoogwerk roep ’n digter en ’n musikant (Muse) die Trojaanse Oorlog op en vra: Hoekom bly ons hierdie storie vertel; hoekom bly ons dit leef? Vergeet van die afstandelike epiese gedig, want An Iliad is onmiddellik, menslik, donker-snaaks, brutaal en teer. Jy hoef nie Homerus te ken of van epiese gedigte te hou nie – wees net menslik.
Vervaardiger Gloucester Productions
Regisseur en stelontwerp Geoffrey Hyland
Skrywers Lisa Peterson, Denis O’Hare
Bewegingskonsultant Sylvaine Strike
Musiek Charl-Johan Lingenfelder
Beligtingsontwerp Luke Ellenbogen
KostuumontwerpMichaeline Wessels