Die 62ste wenner van die ATKV-Tienertoneelkompetisie maak vanjaar ’n buiging by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Dit is die ATKV se oudste projek. Slegs agt produksies het vir die naelbyt-eindronde gekwalifiseer. Kom vier vanjaar se wenner en Suid-Afrika se volgende geslag jong talent saam met ons.
Wanneer ’n ontploffing ’n jong moeder en haar baba huisloos laat in die klein dorpie van Biatłopol, breek chaos los. Drie politici – Tomczak, die skietlustige burgemeester; die magsbehepte Dąbrowska; en die aantreklike Kowalski – baklei almal vir die burgemeesterspos. Skandaal, verraad en vuil geheime maak die stryd lelik. Terwyl korrupsie uit elke hoek syfer en donker geheime aan die lig kom, staan Biatłopol op die rand van vernietiging. ’n Absurde komedie oor mag, leuens, en ’n volk wat te lank sy oë toemaak.