Met Peter Martens, Eddie McLean, Rosamund Roth, Matthias Remley-Ender, Dane Coetzee, Ashlin Grobelaar
Tjello-ensembles is wêreldwyd gewild danksy die skoonheid van die klank en omvang van dié instrument. Die tjello-ensemble van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes is ongeëwenaar in Suid-Afrika en bied ‘n wye repertorium aan – van oorspronklike komposisies en verwerkings van die groot klassieke werke tot musiek vir die silwerdoek.