Die 15de Dagbreek-straatmyl word vanjaar weer in die boomryke Victoriastraat gehardloop. Daar is 7 wedlope met altesame 17 afdelings – van o.10 tot Meesters. Kom neem deel of kyk hoe ander hardloop by hierdie prettige geleentheid met musiek, vermaak en pryse. Vanjaar vereer ons die middelafstand-legende Sydney Maree, wat op 28 Augustus 1983 die wêreldrekord vir die 1 500 m opgestel het. Bel Francois by 083 368 5948 vir meer inligting, of stuur e-pos na info@straatmyl.co.za.
Ondersteun deur Sportmans Warehouse, Seeff Stellenbosch
7 OKT | 16:30 | Victoriastraat