Met Fransjohan Pretorius, Lindie Koorts, Ruhan Fourie, Arnold van Dyk, Kabous Meiring(gespreksleier)
Wat het diegene wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het aangetref toe hulle huiswaarts keer? En hoe het dié geskiedenis ons bygebly? Hoe het nasionalisme sy vastrapplek gekry met die oorlog ingeprent in ons kollektiewe psige, en wat van vandag? Ry ons op die rug van slagofferskap of word dit misbruik om ‘n nuwe volksgesindheid te kweek?