Met Ruhan Fourie, Lindie Koorts, Schalk van der Merwe, Kabous Meiring(gespreksleier)
Het Afrikaners ’n demokratiese geskiedenis? Voor 1994 was daar ’n sterk tradisie van republikeinisme, verkose regerings en selfbeskikking. Van die ZAR en Vrystaatse republieke tot die Kaapse liberale tradisie en weerstand teen veraf magte was plaaslike besluitneming sentraal. Die deelnemers vra indringende vrae oor hierdie komplekse verhouding met demokrasie. Hulle ondersoek die Groot Trek, burgerkommando’s en selfs die stemme van Afrikaners teen apartheid om ons politieke erfenis te herdefinieer.