Gryp elke grasHolm

Spier Toneel
Afrikaans
o/14
75 Minute
10 Oktober
10:00
R180-R280 | R210-R310 by die deur

Met Marion Holm

Gryp elke grasHolmgaan oor die silwer randjie van elke donker wolk. Elke stukkie sleg het ’n stukkie snaaks. Holm wil vir die gehoor gee wat almal nodig het: hoop, humor en harmonie. Die wêreld is tans deurmekaar; ons moet maar self die komedie maak en die lag skep. Gryp elke grasHolmkan jou dalk net help in hierdie soektog na snaaks, sagtheid en sin. In dié nuwe eenvrouvertoning, doen Marion Holm wat sy altyd doen: komedie met ’n groot hart.

Vervaardiger Handyminds
Regisseur Chris Vorster
Skrywers Marion Holm, Chris Vorster
Beligtingsontwerp Thys Heydenrych, Chris Vorster