’n Uur van Hannon Bothma se stories, staaltjies en mooimaakwenke. Kom beleef hom waar hy ons in sy tipiese lekkerlag-styl ’n kykie gee na die ander kant van sy wêreld. Verwag stories oor fiasko’s in salonne en op televisie en wenke oor hoe om sy “vars gespykerde” voorkoms te bemeester.