Met Elsabé Brits (fasiliteerder), prof. Lizette Rabe (emeritus professor in joernalistiek), prof. Renata Schoeman (psigiater en medeprofessor, Universiteit Stellenbosch), dr. Liana Roodt (borskanker-spesialis)
Die woord “histerie” kom van die Griekse “hystera”, wat “uterus” beteken. Millennia al is vroue se pyn as blote emosie afgemaak. Ons praat eerlik oor hoe ’n studie in 2002 die reputasie van hormoonvervangingsterapie verpletter het. Ook oor mites, vrese en hoe hormonale veranderinge jou psigiese gesondheid beïnvloed – deur die lens van die komende kykNET-dokumentêr Meer as warmgloede – Wetenskap, waardigheid en vrouestemme.
4 OKT