Ingrid Jonker se erfenis

Diskoers
Afrikaans
Gesin
60 Minute
5 Oktober
12:00

In November 2025 is ’n krat met ’n baie spesiale versameling dokumente by die US se Dokumentesentrum afgelewer: Die versameling, die dokumentêre nalatenskap van Ingrid Jonker, het ná ’n lang reis uit Den Haag, Nederland, by die US-biblioteek aangekom. Hierdie bespreking oor Ingrid Jonker se dokumentêre erfenis bied ’n platform om dié waardevolle manuskripversameling ten toon te stel, terwyl verskeie sprekers die hedendaagse relevansie daarvan en die interdissiplinêre navorsingsgeleenthede wat dit bied, sal ondersoek.

Aangebied deur Spesiale Versamelings van die US Biblioteek-en-inligtingsdiens