Met Muneeb Hermans(trompet),George Werner(klavier),Peter Ndlala(baskitaar), Carlo Fabe (tromme)
Camissa Knights is ‘n Suid-Afrikaanse jazzkwartet wat plaaslike erfenis kombineer met wêreldstyle. Die groep meng jazz met afrobeat, funk en rock. Hulle energieke vertonings lok jazzaanhangers én diegene wat lewendige ritmes kan waardeer. Bring jou eie instrument saam, want elke aand word afgesluit met ‘n lewendige jam-sessie saam met die kunstenaars.
Saamgestel deur Ramon Alexander, Vicky Davis
Ondersteun deu dierEndler-konsertreeks, US Departement van Musiek