Klein wêreld!

Visuele kuns

Klein wêreld! nooi jou na ’n betowerende wêreld van klein kunswerke. Kom ontdek meer as 500 unieke kunswerke in klein formaat deur meer as 100 opkomende en gevestigde Suid-Afrikaanse visuele kunstenaars. In dié ontspanne, toeganklike ruimte word kuns deel van die feeservaring, en alles is onmiddellik beskikbaar teen bekostigbare pryse.

Ondersteun deur WÊRELD(Jaco van der Merwe en Christa Badenhorst)