Maak boerseep met Canettevallei

Leefstyl
Multilingual
240 Minute
3 Oktober
09:00
6 Oktober
09:00
10 Oktober
09:00
R1200

Leer saam met die ervare seepmaker Ingrid de Waal die geheime van tradisionele boerseepmaak volgens die kouewatermetode. Die kursus is bedoel vir beginners en is volgeprop met inligting en wenke. Jy gaan huis toe met jou eie boersepie en ’n bossie laventel wat jy self na afloop van die werksessie in ons laventellandery kan pluk. Alle gereedskap word voorsien, maar deelnemers moet asseblief ’n handdoekie saambring om hulle sepie in toe te draai om huis toe te vat.

Die prys sluit alle materiaal in, bring slegs ’n klein handdoekie.