Maggie Laubser op 140

Visuele kuns
N/A
Gesin
60 Minute
7 Oktober
13:00

Dié tentoonstelling is ’n viering van Maggie Laubser (1886-1973) se lewe en werk. Laubser en Irma Stern word algemeen beskou as die kunstenaars wat die Ekspressionisme aan Suid-Afrika bekend gestel het. Laubser, wat sterk aanklank gevind het by die Duitse Ekspressioniste, het vanaf die jare vyftig van die vorige eeu ’n sterk band met die US gehad en ook ongeveer 140 kunswerke aan die universiteit bemaak. Hierdie is een van die grootste versamelings van haar werk in openbare besit.

RONDLEIDING MET ULRICH WOLFF