Netwerk24: Die onderhoud met Mia Spies: Prof. Deresh Ramjugernath

Diskoers
60 Minute
8 Oktober
16:00

As dertiende rektor en visekanselier van die US isprof. Deresh Ramjugernath se taak enorm: die bevordering van inklusiwiteit en transformasie, die balans tussen akademiese uitnemendheid en finansiële volhoubaarheid. Om van die bestuur van politieke en gemeenskapsverwagtinge asook kunsmatige intelligensie nie eens te praat nie… Hy gesels oor al die uitdagings wat hy pak.

In Die onderhoud met Mia Spies gesels die multimediajoernalis en TV-aanbieder Mia Spies met vyf inspirerende Suid-Afrikaners. Dié gespreksreeks word gratis in die Netwerk24-diskoerstent agter die US Museum aangebied.