SAVAC – Stellenbosch Academy Visual Arts Competition

Visuele kuns

STELLENBOSCH ACADEMY VISUAL ARTS-KOMPETISIE

Suid-Afrika bruis van onontginde kreatiewe talent. Die Stellenbosch Academy of Design and Photography se nasionale kompetisie vir hoërskole is ’n toonvenster vir en viering van ons land se opkomende jong kunstenaars. Dié uitstalling wys die finaliste se werk – vars stemme van reg oor die land. Ontdek hoe visuele kuns jong mense help om hulself uit te druk en hul plek in die wêreld te vind.

3 tot 11 OKT 09:00-17:00
Stellenbosch Academy of Design and Photography
Gratis
Ondersteun deur die Stellenbosch Academy of Design and Photography