Showcase: InNoSense

Filmfees
Multilingual
o/14
60 Minute
3 Oktober
12:00
4 Oktober
12:00
5 Oktober
12:00
6 Oktober
12:00
7 Oktober
12:00
8 Oktober
12:00
9 Oktober
12:00
10 Oktober
12:00
11 Oktober
21:00

InNoSense is ’n versameling kort doku-fiksiefilms wat die absurde, geheimsinnige en teer kant van die dood, eensaamheid, betekenis en vryheid binne ’n Suid-Afrikaanse konteks ondersoek.

Vir die Toyota Stellenbosch Woordfees Filmfees word InNoSense uitgebrei tot ’n filmprogram waarin verskillende Suid-Afrikaanse filmmakers nuwe kortfilms rondom hierdie vier temas ontwikkel. Die films beweeg tussen dokumentêr en fiksie, die alledaagse en die vreemde, en gebruik werklike mense, plekke en ervarings as vertrekpunt.

Daar sal elke dag van die Toyota Stellenbosch Woordfees Filmfees InNoSense-vertonings wees, gevolg deur ’n gesprek met die filmmakers.

Geskep en saamgestel deur Wihann Strauss en kie.