Aangebied deur Penguin Random House
Van jou TV-skerm tot die Woordfees-demonstrasiekombuis: Zola Nene, MasterChef SA-beoordelaar en skrywer van vier kookboeke, maak resepte uit haar nuutste boek, Simply More Zola. Nene is bekend vir kos wat soos tuiskoms voel – vrygewig, toeganklik en fyn afgerond. In hierdie intieme demonstrasie met slegs 40 gaste gaan sy kook, stories deel en proehappies voorsit. Kom vir die kos en vertrek met die beste herinneringe!