Ondersteun deur Jonathan Ball
Kom luister saam wanneer die bekroonde skrywer François Bloemhof met leerlinge gesels oor sy nuutste werk, Een keer om die son, en die spanningsvolle riller-omnibus. In ’n onderhoud, wat gelei word deur Heléne de Clercqvan Jonathan Ball, deel hy insigte oor sy skryfproses en inspirasie. Daarna gesels Celeste Loriston oor Staan op vir die Six, die aangrypende verhaal van Astrid wat vasgevang is tussen bendes, geweld en haar droom om ’n beter toekoms te bou. Haar #bendesmustfall-veldtog plaas haar in gevaar en dwing haar om moeilike keuses te maak. Dié inspirerende sessie wys hoe stories jong mense kan bemagtig.