Speelkamersessies met Bertus Basson

Leefstyl
Afrikaans
120 Minute
7 Oktober
12:00
8 Oktober
12:00
9 Oktober
12:00
10 Oktober
12:00
R1400

Die stersjef Bertus Basson, wat bekend is vir sy agt uiteenlopende restaurante en TV-reekse soos In die sop, Ultimate Braaimasteren Kokkedoor, bied vanjaar weer sy gewilde speelkamersessies aan. Kom beleef ’n kookdemonstrasie in sy hoogaangeskrewe Eike-restaurant waar hy spesialiseer in eg Suid-Afrikaanse geregte met ’n kreatiewe kinkel. Hy gaan nie net wys hoe om met kos te toor nie – gaste sit ná die demonstrasie ook aan by ’n heerlike feestafel.