Met Toast Coetzer, Austin Lawrence
Ontdek die Dwarsriviervallei deur stories en fotografie. Die ervaring begin by die Le Pommier-wynlandgoed, waarna gaste geneem word na die Dwarsrivier-inligtingsentrum vir die begin van die staptog deur Pniel, Johannesdal en Kylemore. Die roete word weer by Le Pommier afgesluit met ’n ligte middagete. Verversings langs die pad ingesluit.
Ondersteun deur Visit Stellenbosch
Let wel: Pendeldiensbussies ry nie tot in Pniel nie, gebruik asseblief eie vervoer.