In dié gratis gesprekke gesels die Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
Die immergroen ikoon Sandra Prinsloo is te sien in die verwerking van die Nobelpryswenner Annie Ernaux se l’Autre Fille, uit die Frans vertaal deur Naòmi Morgan. Op 10-jarige ouderdom vind ’n dogter uit sy het ’n oorlede ouer suster gehad. In ’n aangrypende brief aan dié suster besin Ernaux oor verlies, ouers en sibbe. Prinsloo en Morgan vertel meer.