Aangebied deur Penguin Random House
The Journey is ’n viering vanNaqiyah Mayatse passie vir die Indiese kookkuns terwyl sy haar eie kulinêre styl ontdek. Hierdie versameling van eenvoudige én dekadente Indiese resepte is ’n mengsel van nostalgie met ’n moderne baadjie, wat wys hoe die kern van die Indiese kookkuns oor geslagte (en kulture) heen oorgedra kan word – met elkeen wat ’n unieke eie styl, smaak en aanbieding byvoeg. Sluit aan by Mayat vir ’n demonstrasie in haar kenmerkende styl wat luuksheid, elegansie en skoonheid kombineer vir ’n onvergeetlike smaakervaring.