2026
In dié animasieprent ontdek ’n klipmesselaar, verteer deur afguns en ’n honger na erkenning, ’n blok marmer wat hy glo sy waarde as beeldhouer sal bewys. Maar wanneer sy pogings faal en sy ego aan skerwe lê, moet hy leer om nabootsing en ambisie te laat vaar omdat ware kuns – soos die self – nie deur geweld gemaak word nie, maar deur te laat gaan. ‘n V&A met die filmmaker na afloop van die filmvertoning.
Vervaardigers Erentia Bedeker, Luan Pienaar
Regisseur, skrywer, animasie en redigeerder Erentia Bedeker
Stelontwerp Luan Pienaar
Kinematograaf en aanlynredakteur Pieter Lombaard
Musiek Wilken Calitz
Klankontwerp Charles Badenhorst
15 min