The Stonemasonis ’n stopraam-animasiekortfilm wat byna vier jaar geneem het om te maak. Dié tentoonstelling bestaan uit die handgekerfde houtpoppe wat in die film gebruik is asook die vier stelle waarop die rolprent verfilm is. Alles is met die hand gemaak. Die kunstenaars Erentia Bedeker en Luan Pienaar het sover moontlik natuurlike materiaal soos sand, gras, plante en hout gebruik om die stelle af te rond. Geen KI of digitale tegnologie is gebruik nie, en op dié uitstalling sien jy al die bewyse.
Filmvertoning 10 OKT 13:00