Toyota Stellenbosch Woordfeeskunsveiling en -uitstalling

Visuele kuns

Die vyfde jaarlikse Toyota Stellenbosch Woordfees- aanlyn kunsveiling word weer aangebied in samewerking met Strauss & Co, wie se spesialiste kunswerke deur opkomende en gevestigde kunstenaars gekies het. Die veiling plaas artistieke uitnemendheid op die voorgrond, terwyl dit sigbaarheid en erkenning van kontemporêre praktyke beklemtoon. Die doel is om nuwe en ervare versamelaars aan te moedig om in kuns te belê, die mark uit te brei en toegang te verbeter tot vooraanstaande plaaslike kunstenaars se werk.

Kunsuitstalling
3 tot 11 OKT 10:00-18:00
Stadsaal
Gratis

Kunsveiling
23 SEP tot 13 OKT
Besoek www.straussart.co.za om die kunswerke te besigtig en as bieër te registreer.