Verf-en-vers-uitstalling

WOW
Afrikaans
150 Minute
10 Oktober
10:00

Leerlinge in gr. 4 tot 9 word uitgenooi om hul verbeelding vrye teuels te gee deur ’n gedig te skryf wat geïnspireer is deur die Woordfees 2026-tema, hoog tyd, en dit dan op ’n A3-plakkaat visueel tot lewe te bring. Verf-en-vers is ’n jaarlikse skoolprojek. Die beste kunswerke word gedurende die Woordfees ten toon gestel in die voorportale van WOW se feesvenues, waar ’n paneel beoordelaars die werke sal evalueer. Die wenners word by die WOW-gala vereer vir uitnemende kreatiwiteit en oorspronklikheid.