Ruil idees uit en word geïnspireer. Sowat 200 opvoeders en finalejaar-onderwysstudente neem deel aan ’n dagprogram vol praktiese wenke oor taalstrukture en -konvensies wat gegrond is op die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (Caps). Daar is ook gesprekke oor die welstand van opvoeders en leerlinge, asook inligting oor nuwe publikasies en hulpbronne vir die klaskamer. Die program sluit af met vermaak en ’n ligte ete.