EasyEquities en WOW vat hande

Hoe werk dit?

EasyEquities is ’n maklike, veilige en vinnige manier om in aandele of kripto te belê. Jy kan met so min as R5 begin om jou pad na finansiële welstand en kundigheid te baan. En vanjaar belê EasyEquities ook in jou en in WOW – ’n bemagtigingsprojek van die Stellenbosch Woordfees en die Universiteit Stellenbosch (US). WOW vier in 2024 haar 20ste verjaardag.

Kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste word deur WOW in skole en gemeenskappe aangebied om leerders en opvoeders se horisonne te verbreed.

WOW gee aan voornemende studente die inligting wat hulle benodig vir tersiêre studie, en bemagtig talentvolle kandidate met WOW-studiebeurse van die US.

EasyEquities vat weer met WOW hande om ’n bydrae tot hierdie studiebeurse vir eerstegenerasie-studente te maak.

Dit werk só: As jy via die QR-kode hierbo ’n nuwe profiel op EasyEquities se webwerf skep en registreer, gee EasyEquities jou R50 om na goeddunke te belê. En vir elke nuwe profiel wat geregistreer word, skenk EasyEquities ook R50 aan die WOW-beursfonds. Registrasie is gratis en daar is geen verpligting om meer as die komplimentêre R50 te belê nie. 

Lees hier meer oor die WOW-projek en hier oor die moontlikhede wat EasyEquities bied.

Vir enige navrae, stuur ’n e-pos aan bemarking@woordfees.co.za