TOYOTA MUSIEKFEES
Wanneer woorde nie nodig is om stories te vertel nie
Produksie: Draai die ligte na môre
Deur: Ilza Roggeband
Foto’s: Verskaf
By ’n fees is dit noodsaaklik om jouself uit te daag as jy elke dan en wan deur ’n juweel verras wil word, skryf Ilza Roggeband nadat die trio jazzmusikante in Draai die ligte na môre haar totaal oorrompel het.
Daar is mense vir wie jazz die suiwerste vorm van musiek is. Dan is daar dié wat dit eenvoudig nie kan verstaan nie. Ligte jazz kan dalk nog gaan, maar wanneer dit hogere jazz begin word, gee baie mense op.
Draai die ligte na môre het drie kunstenaars op die verhoog. Lelanie van der Berg sing nie net nie, sy speel ook klavier en doen perkussie. Saam met haar op die verhoog is die kitaarmeester Philip Vermeulen en Melisizwe Plaatjie, ’n 26-jarige pianis met ’n talent wat nog op wêreldverhoë gehoor gaan word.
Al drie kunstenaars het ’n storie vertel oor iets wat ’n impak op hulle lewe gemaak het. Sielvol, persoonlik en uit die hart uit.
Dit was egter die musiek wat die hardste gepraat het. As jy jazzkonserte bywoon, sal jy weet dit is niks vreemd vir die gehoor om hande te klap wanneer daar byvoorbeeld ’n solo in ’n liedjie is nie. Met hierdie konsert het dit gereeld gebeur – die drie kunstenaars het die entoesiastiese gehoor van begin tot einde in die palm van hulle hand gehad.
Die komponis se musikale inkleding neem jou soos ’n kind op ’n verbeeldingstog, en dis prikkelend hoe hy beide die spannende verhaallyn en hordes uiteenlopende karakters musikaal skets.
Jy, die feesganger met wie ek hier praat, mag dalk bang wees vir jazz. Jy wil dalk wegbly as dit ’n konsert is met oorspronlike musiek waar jy nie kan saamneurie nie, of as daar kunstenaars op die verhoog is van wie jy nog nie gehoor het nie. Moenie. Gaan en luister of daar nie dalk iets aan die anderkant van die horison is wat jou in die middel van ’n liedjie gaan laat handeklap nie. Kyk ook op bladsy 146 in die feesgids na die laataand-jazzkonserte wat van 7 tot 10 Oktober saans om 21:00 by die US Konservatorium-amfiteater gehou word.
As jy jazzkonserte bywoon, sal jy weet dit is niks vreemd vir die gehoor om hande te klap wanneer daar byvoorbeeld ’n solo in ’n liedjie is nie. Met hierdie konsert het dit gereeld gebeur – die drie kunstenaars het die entoesiastiese gehoor van begin tot einde in die palm van hulle hand gehad.
Jackï Job, meestal bekend as choreograaf, het die regie behartig. Uiteraard is haar styl vol dans en fisieke teater, wat haar in hierdie geval ’n goeie keuse as regisseur maak. Die studente spring, swaai, hang en klouter oor, op en onderdeur tafels en steierwerk. Alles vlot, al lyk hulle gesigte soms angstig vir die akrobatiese bewegings.
Daarby het die gestroopte verhoog met slegs noodsaaklike rekwisiete en kostuums (deur die sangdosent Minette du Toit-Pearce) en goeie beligting (deur Wessel Steenkamp) goed gewerk in hierdie konsertsaal-ruimte.
Wat ’n aangename ervaring om so kennis te maak met Ravel se uurlange opera wat jou op ’n musikale mespunt hou terwyl die studente jou na ’n towerwêreld wegvoer. Beslis ’n studenteproduksie wat die moeite werd is.
Draai die ligte na môre
6 OKT 20:00
Paul Roos-teater
R180 | R210 by die deur




