RESENSIE

Shimmy is nog hip to the hop

deur Chase Rhys
Produksie: Shimmy Isaacs: Nou soe!
Foto’s: Golda Simmers

Shimmy Isaacs kô met ’n kruk oppie Savanna Comedy Stage. “Wit mense, die issie ’n wapen nie. Issie ’n masjien gunnie, moenie worry nie.” 

Sy’s injured, maa Shimmy gie nog once haa all. Latere innie show besef ek mos, djy, waa’s Shimmy se kruk an nou? Die vrou dans en haloep die stage plat. Sy’s op en af. Die swiet tap. Ek dink, joh girl, pasop jou boud! Maa Shimmy is soe in haa element, lykie sy voel ienage iets behalwe joy nie. Mens kan sien hoe sy haaself op dai stage geniet. Dai infectious lag en breë smile is ’n groot deel van Shimmy se charm.

Ôs lag hard annie begin vannie show. Shimmy doen audience work en praat mettie gehoo, sy fokus veral oppie wit mense: “I need more white friends,” sê sy. Shimmy ken haa gehoo. Sy praat met haa Coloured audience asof sy met ôs privately skinne; asof die wit mense haa nie kan hoo nie. Die’s inside jokes – ’n paa moments wat net vi ôs is. Dan kap sy wee en code-switch sy na ’n Pretoria-coded Afrikaanse stem om met haa niewe white friends te praat. Shimmy is kwai met ’n aksent. Sy deliver gereeld haa punchlines in ’n AAVE (African American Vernac Engels) twang wattie altyd by hierdie Woordfees-gehoo land nie. Die mense love wanne sy, in haa woorde, “Coloured,” praat. Ek het dit interessant gevind dat sy vi ôs gayle woorde soes Wendy, Clora en Natalie en sy noem it, “Coloured taal.”

’n Paar kee innie program waarsku Shimmy vi ôs dat sy iets offensive gaan sê, dat sy as ’n comedian boundaries gan push. “Los jou sensitivity byrie deu!” sê sy. Maa sy sê nooit iets offensive nie. Haa show was eintlik kinda wholesome, my gunsteling stukkie, gan oo haa Dr Evil-esque ses jaa oud niggie.

Die actress Devonecia Swartz sit innie gehoo en toe lat Shimmy haa somea soe ’n impromptu guest appearance maak. Shimmy bring haa op stage toe om ’n paa free Savannas virrie vehoog yt te deel: “Ha, ah my wit vrinne moet eeste kry!” Die feit dat hierdie interaksie nie beplan wassie, is ’n testament van Shimmy se vertroue in haa eie komiese instinkte wan die Devoncia-interaksie kô trug annie einde vannie show. Shimmy swop haa laaste grappie, wat veronderstel is ommie beste een te wies – vi ’n niewe grappie oo Devonecia. Sy improvise haa closer. Is ’n risk. Maa Shimmy is ’n veteran, haa risks het ’n pay-off. 

Facebook
Twitter
LinkedIn