Merke, gereed, 24 Augustus

Die Toyota US Woordfees vind van 10 tot 16 Oktober die eerste keer sedert 2020 weer in Stellenbosch plaas. Die feestema vanjaar is “Wild” en die Woordfeesspan is besig om ’n program saam te stel wat jou nooi om jou verbeelding in die Eikestad los te laat en só nuwe moed en asem te skep.

Op 24 Augustus sal die program digitaal op ons webwerf beskikbaar wees en sal kaartjies via Webtickets aanlyn en by Pick n Pay-takke landwyd te koop wees.

Klik hier om na die bekendstelling van die programhoogtepunte te kyk. As jy slegs die lys van hoogtepunte wil sien, kyk vanaf 15 min 46 sek tot 20 min 18 sekondes.

Programhoogtepunte / Programme highlights – Toyota US Woordfees 2022, Stellenbosch
Facebook
Twitter
LinkedIn