Fees en geniet verniet!

Woordfees 2021 Stellenbosch

Die groot Diskoersprogram, tweederdes van die Filmfees en ’n opwindende aanbod van kunsuitstallings is mahala. Diskoers Oop gesprek en ’n entoesiastiese uitruil van standpunte oor aktuele kwessies is ’n gewaardeerde tradisie by die Woordfees. Vanjaar gaan die tonge weer lekker klap. In die Netwerk24-gespreksreeks, onder leiding Christi van der Westhuizen en Pieter du Toit, is daar, onder meer, interessante […]

Hoogtepunte van Woordfees TV 2022

Die feesprogram van Toyota US Woordfees TV 2022 is op 21 Junie gelyktydig op die Toyota US Woordfees Facebook-blad en DStv YouTube-kanaal bekend gestel. Spesifieke uitsaaitye en -datums sal eersdaags bekend gemaak word. Klik hier om na die bekendstellingsvideo te kyk. Klik hier vir die programhoogtepunte in PDF-formaat.

Kyk waarna sien dié bekendes uit!

Kunstenaars kan ook nie wag vir die 10de Oktober wanneer die Woordfees afskop nie. Hulle wenslysies is al vol: van toneelstukke tot musiekvertonings en interessante diskoersgesprekke.

Merke, gereed, 24 Augustus

Die Toyota US Woordfees vind van 10 tot 16 Oktober die eerste keer sedert 2020 weer in Stellenbosch plaas. Die feestema vanjaar is “Wild” en die Woordfeesspan is besig om ’n program saam te stel wat jou nooi om jou verbeelding in die Eikestad los te laat en só nuwe moed en asem te skep. […]

Raak geldslim by Netwerk24 se Sake en Sauvignon-reeks

Netwerk24 se gewilde Sake en Sauvignon-reeks met Theo Vorster is weer terug by die Toyota US Woordfees. Kom luister hoe jy jou geldsake beter kan bestuur met ’n heerlike glasie wyn in die hand. Theo gaan tydens die gespreksreeks die appelkar omgooi oor die huidige wisselvalligheid en gepaardgaande onsekerheid wat hand aan hand loop met […]

Skud jou vere reg vir ’n wilde Woordfees – in jou huis én in die Bos  

Die tema vir die 2022 Toyota US Woordfees is Wild – ’n speelse konsep wat feesdirekteur, Saartjie Botha, sê haar “bruisend entoesiasties maak oor die twee Woordfeeste wat ons vanjaar gaan vier na twee jare van nasionale kommer en frustrasie in en oor die kunstebedryf.”           “Wild,” sê Botha, “is wat jy raak wanneer jy niks […]

Slaan ’n slag op Wilde Woensdag

Die Toyota US Woordfees bied op Wilde Woensdag, 28 September 2022, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op Wilde Woensdag beskikbaar is, sal teen slegs R40 elk verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag plaasvind. […]

Só lyk vanjaar se Woordtrofees-benoemings

Die benoemings vir vanjaar se Toyota US Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 10 November by ’n toekenningsgeleentheid by Johannesdal 1207, tussen Kylemore en Pniël, aangekondig. Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Conroy Cupido, Jefferson Dirks-Korkee, […]

Woordfeesdatums vir 2022 bekend

Die Toyota US Woordfees kon op Maandagaand 14 Maart die eerste keer sedert Maart 2020 weer die gesellige Langtafel aanbied. Dié geliefde tradisie is tradisioneel die amptelike begin van die Woordfees, maar vanweë onsekerheid rondom die pandemie is besluit om nie vanjaar ’n fees vir Maart in Stellenbosch te beplan nie. Saartjie Botha, direkteur van […]

Woordtrofees 2022

Die wenners van die 2022 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 10 November by ’n geleentheid by Johannesdal 1207 bekend gemaak. Die wenners het elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld ontvang. Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Conroy Cupido, Jefferson Dirks-Korkee, Gustav Franzsen, Geoff Hyland, Athina Jansen,  Rafiek […]