Die Toyota US Woordfees bied op Wilde Woensdag, 28 September 2022, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op Wilde Woensdag beskikbaar is, sal teen slegs R40 elk verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag plaasvind.

“Ons wil soveel moontlik Stellenbossers die kans gee om aanbiedings tydens die fees by te woon. Ons versoek dus mense wat volpryskaartjies kan bekostig, vriendelik om nie van die spesiale aanbiedings op Wilde Woensdag gebruik te maak nie,” sê Saartjie Botha, die Toyota US Woordfeesdirekteur.

Meer as ’n 100 van die produksies wat vanjaar by die Woordfees te sien sal wees, is deel van die Wilde Woensdag-uitverkoping.

Dit sluit die gewilde Toyota Jan Marais Park-buitelugkonserte in:

Daar sal ook ’n verskeidenheid teaterkaartjies beskikbaar wees en afslagkaartjies vir opwindende produksies soos Die poet, wie’s hy? en Al om Antjie.

Wilde Woensdag werk só:

Wilde Woensdag-kaartjies is by die volgende vier plekke gedurende die volgende tye beskikbaar:

07:00 – 08:00: by Hoërskool Lückhoff 
10:00 – 11:30: by Erfurthuis (voor op die stoep)
12:30 – 13:30: by Pniel-banketsaal (in dieselfde gebou as die biblioteek), Helshoogtepad, Pniel
17:30 – 18:30: Erfurthuis in die kaartjieskantoor

Klik hier om die volledige feesgids te verken.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *